“ek is nie stoepid nie”
uit die kremetart kom soet water
lewegewende vloeistof vir dorstiges
.
elk positiewe woord het oorlewende krag
binne ‘n wêreld oorstelp met pynlike drag
waar mopani se wortels kragtig groei
word stompe hout in koolstof verbrand
uit die soetste woordeskat kom bitter krag
stuur net jou boodskap met ‘n selfsugtige drag
die wilgeboom se hangende skaduwee-takke
drup vog in diep water van revier en dam
jou nare hartseer boodskap bring net pyn
in reeds gebroke harte wat nyg na wyn
hardekool se stoere regop, geriffelde stam
laat spore selfs in die warmste veldbrand
hoe jy jou naaste om jou skaaf en krap
sal dalk eers eendag in jou epitaaf verskyn
die palmboom se ewige buig in die wind
laat storm op storm by hom verby gly
met jou kop in die sand buig jy laag af
voor elke uitdaging, maar mis geen wind
hoog bo teen die krans troon jou blaredak
jou wortels soos wurms gevestig waar vog is
stom geslaan en weerloos staan jy in ongeloof
waar jy eerder vas kon staan in geloof en krag
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.