Lees jy my?
my builtelyne sien jy
met die eerste oogopslag
my binne lyne lees jy
– jy lees dit elke dag
maar tussen al die lyne
lê die wete van my wese
die ongeskrewe woorde
die mis- of ongelese
en hoe sal jy dit verstaan
ek ken self nie eens die taal nie
om dít wat tussen lyne lê
uit my leemtes uit te haal nie
al my lyne lê ek voor jou neer
maar in my spasies – daar’s ek méér
© Carma Shaw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.