Passerdans
My gedagtes tiekie
met ‘n wilde swaai
nes ‘n passer se draai
Waarom…?
Die dans duur voort
op eie koers
net om weer terug te keer
Waarom…?
Stormkolk in my hart
wonder draai vir draai
hoekom word liefde verraai
W a a r o m…?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.