Jongste aktiwiteit:

Lewensverloop

Lewensverloop

My lewensverloop is opgeteken
en gebêre in my geheuekluise—
Die begin is in rustige skoonskrif
toe die lewe net sonskyn en vreugde was
en die geliefdes vir altyd daar sal wees want
die ouderdom en die dood was verweg vaaghede—
Die Sturm und Drang tydperk het ‘n paar gekrapte
reëls gevolg deur ‘n lang tyd van bestendigheid maar
met ‘n onverwagse klad wat hier en daar begin opduik
deur ‘n ontydige sterfte, teleurstelling of mislukking—
Maar later is dit vol onverwagte kladmerke wat soos
eilande tussen skoonreëls se rustigheid verspreid lê
en dis al die sterftes in droewige reëlmaat en die laaste
groot hartseerklad is my Lollotjie hondjie se dood—
Ek vou maar die geheuepapier toe sonder om verder
al die vreugde en leed te ontsyfer wat lankal vervaag
en vergete met sielerus in tyd se geheue kelders
stofbedek geliasseer lê want die verlede is klaar gelewe
wyl elke nuwe dag vol belofte daag met goud omgewe—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed