Liefde is…
Mooiste bloeisels te midde van donder
oomblikke van geluk wat eensaamheid laat vlug
liefde is ‘n eenvoudige
hunkerende begeerte
wat van binne woed
onuitblusbare vuur vanuit ‘n hart
liefde koester hom in die warmte van die
lente wanneer dit blom
laat jou verdrink in ‘n ander se oë
hemelse oomblikke gevries vir ewig en meer
liefde herinner aan die vlugtige getik van ‘n klok
liefde sprinkel lig,
gaan voort om onophoudelik te groei
liefde reik tot in die spelonke van jou diepste wese
liefde omvou tydens die koue pyn van skeiding
liefde lê tussen die voue van ‘n hart,
want dit is hier waar liefde woon
‘n ewige droom
liefde streel in waaksaamheid
‘n gevoel wat ons koester
liefde
‘n gevoel so suiwer
so baie diep …
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.