Stilte
In asemdroogtes van die nag
bombardeer warrelwinde
ongesproke woorde
laat ‘n hart van dolomiet versag
ń koningryk van lugkastele
jou beeld wat in elke kamer pronk
jy verdwyn in ‘n wasige misgordyn van dade
waaroor ek self nog swyg
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.