Pyn
Verterende
vuurtonge brand deur my;
gloeiende vingers wat streel
skryn…
verstikkend,
skroeiende vlamme dans ritmies
as my hartklop
soos wyn,
vloeiend…
bruis dit deur my are
pyn…
versmorend,
klemmende vingers wat wurgend bly kleef
aan my verflenterde hart
©Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.