Jongste aktiwiteit:

Gesigte

Soekend na jou gesig;
sederd die begin
soekend na jou,
vandag het ek dit gesien
jou sjarme en skoonheid,
die onpeilbare genade
van die gesig
waarna ek opsoek was

vandag het ek jou gevind
en diegene wat gelag
en gister my verag het,
jammer dat hulle nie gesoek het
soos ek gedoen het,
verward deur die heerlikheid
van jou skoonheid
ek wil jou sien
met ‘n honderd oë

my hart het gebrand met passie
en het vir ewig gesoek
vir hierdie wonderlike skoonheid
waarna ek nou kyk;
skaam
om hierdie liefde menslik te noem,
bevrees vir God
om dit Goddelik te noem

jou geurige asem
soos die oggend bries
het in die stilte van die tuin
nuwe lewe in my kom blaas

ek het jou sonskyn geword
en ook jou skaduwee
my siel skree in ekstase
elke vesel van my wese
is verlief op jou

jou skittering
het ‘n vuur aangesteek in my hart,
die aarde en die lug
pyl van die liefde
het die teiken getref
ek is in die huis van genade
en my hart
is ‘n plek van gebed

©Marike Erasmus




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed