Verlange
Ek verlang na jou
oë wat my raaksien
my siel nie misken,
wat verborge moes bly
na jou glimlag,
een gebêre binne my
gedagtes in jou menswees
vasgevang
speel-speel my hart
uit sy kluis kan sluit
ons intieme saam
onder son en maan
waarheen
het ons toekoms gegaan?
jou arms,
hul vashou om my lyf
die donker
in my hart verdryf,
na net ek en jy
om nie meer bang te wees
geen spoke van die verlede,
ek verlang na liefhê
sonder vrees
© Marike Erasmus
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.