LIEFDESBRIEF
LIEFDESBRIEF
die oggend skryf ‘n rooiwarm brief
in nuanse van goud en geel
die woorde sê ek’t jou innig lief
en dis met ‘n soen verseël
die boodskap is met sorg vervleg
in die note van ‘n patrys se lied
deur dorre veld baan dit sy weg
om my liefde vir jou te bied
skreef jou oë om fyn te kyk
luister mooi vir my hart se roep
en as my boodskap jou bereik
neem dit onder die loep
want met min is ek tevrede
net ‘n katspoegie om my dors te les
net ‘n kans om naby jou te lewe
net ‘n holtetjie vir ‘n nes
© Barbara Smit – 4/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.