
bolwinde
soos klaas geswind
ry witperde op die wind
aandlug trek wolke in strepe reg
stormsterk rukwinde speel
palmtakke ruk swiepend
heen en weer voëlneste
skud hope uitmekaar
kraaie vergaar
om te oes
waar
hul
nie
gesaai
het
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.