lig-indrukke
.
vyfuur kom son op
agtuur trek hy al verwoed water
twaalfuur en later begin die wind stoot
drie-uur voel dit warmer as ‘n braai-vuur
sononder kom eers agtuur vanaand
hemelse verf-meester skilder dan
Sy doek en ek staan verwonder
hoe sonstrale stories vertel
van daaglikse verdriet
saans se heelmaak
en soete rus
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.