
london
van oral en oudsher kom hul om hier te verdwaal
met gesogte bakens soos die saint paul se katedraal
haar polsslag n geelvlam van avontuur
min kan vergelyk met dié argitektuur
haar oog is verleidend, haar kurwes vlei jou
n bus spoeg nog mense uit waarom sy haar arms kan vou
van straat teater op trafalgar plein
tot eende en eekhorings in die buckingham tuin
verberg agter slot,grendel en traliewerk leef hul in roem
die vlees konings aan die hand van mens se toedoen
selfs in die sprokie versier met reenboog stene in goud
los als ons onversadig – dis soos vuur sonder hout
die ewig roepende honger en selfs big ben erken dis tyd
om nuut met die hart te kyk in soeke na dié ware Majesteit
renier du toit
18/08/2013
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2020 - Triomfboog projek Elke lid mag net 2 inskrywings per afdeling inskryf