
Loop Weg
ghoeroes praat verbetering
van vinnige paaie wat
volkome na hul
nirvana lei
mense luister verruk
van die wonder besems
wat self stof weg vee
op andere se paaie
selfverbetering meesters
waardeer eie ideale as allemans
gevaarlik sonder rigting wysers
op jou eie pad
val nerwe lekker stukkend
loop sonder ń glans kaart
maar volg jou eie kop
as dié pad
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.