Jongste aktiwiteit:

meisie van Orlèans

die meisie van Orlèans

in Frankryk het ñ sombere vyftiende eeu aangebreek
die land was reeds honderd jaar in ñ bloedige oorlog gewikkel
die beste soldate het reeds gesneuwel
ñ nasie in moedelooseid gedompel
die trotse Franse se redding was op hand
in die vorm van ñ dapper boeremeisie

sy moes die harnas van ñ soldaat aantrek
geklee in glinsterende harnas op ñ pragtige perd
Jeanne d’Arc het die aanval gelei
die mense van Orlèans was so besiel om saam te veg
die stad was in net agt dae bevry
die Engelse was vir altyd daar verdryf
alles in haar het gesmag om te wen
sy was moeg van veg op negentien jaar wou sy ook ñ rokkie dra
in ñ koue wêreld was Jeanne d’Arc ñ eensame heldin
veroordeel om op ñ brandstapel te sterf
geen man om haar van ñ vlamme dood te bevry

vlamme het aan haar koue liggaam gelek
die vuur het haar syne gemaak
sy was die hout
die vuur het haar liggaam tot die laaste as gesmaak

Tia©
19/5/18
17/7/19*




Ek doen verpleging in psigiatrie as werk en is ‘n dromer wat graag dig en skryf.. maar nooit gedink enige iemand sal dit ooit raaklees... nou gryp elk elke geleentheid aan.. en geniet dit om met woorde te speel

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed