miskende vrou
te lank was jy ‘n wurm
kruipende voor hom
gehang aan ‘n spindraad
papie verstrik in ‘n kokon
te lank was ons nie-siendes
gesus in ons winterslaap
ons ore horende doof
om jou kreet te hoor
jy was geslaan met stomheid
maar nou is dit jou tyd
dat lente ook vir jou sal kom
jy, mishandelde vrou
ons breek jou kokonne oop
vrou-tot-vrou is ons jou vlerke
jy maak van ons krygers van hoop
wat veg vir ‘n somerson
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek - Laat-lente