Moederaarde se noodkreet …
As ek rommel op die grond sien lê
is daar só baie wat ek wil sê
waarom moet mense rommel rond gooi
moederaarde besoedel, met rommel bestrooi?
Diere en mense is besig om siek te word
die mens is besig om sy eie lewe te verkort
dit is die rede waarom asblikke daar is
maar ons is besig om plant en dier uit te wis.
Wat kan ons doen om vir mense te vertel
dit is rêrig nie so erg om jou eie papiere op te tel
jy doen jouself net ‘n guns
vir die aarde is dit ‘n groot aanwins.
As ek rommel sien wil my hart breek
hoor die mensdom nie moederaarde se noodkreet
wanneer ons wil skoonmaak en opruim is dit dalk te laat
want ons luister nie as moederaarde met ons wil praat…
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.