Mooiste Meisiemens
Mooiste Meisiemens…
Met watter woorde kan ek my liefde vir jou beskryf?
Want dit is waarna ek vandag soek
Die perfekte woord
Om te se hoe lief ek jou het
Maar geen woord kon ek vind
Want daar bestaan nie so ‘n woord.
Mooiste Meisiemens…
Met watter woord kan ek beskryf hoe mooi jy is?
Want dit is waarna ek soek vandag
Want nie eers die woord BEELDSKOON
is mooi genoeg vir jou nie.
Mooiste Meisiemens …
Hoe kan ek my liefde vir jou bewys?
want geen blom is goed genoeg nie,
Geen berg hoog genoeg nie,
Geen myl ver genoeg nie,
Om te wys hoe lief ek jou het.
Daarom moet ek maar die common woorde gebruik
Om vir jou te se – Ek het jou vreeslik baie lief
– Jy is beeldskoon vir my
– Jy is perfek hier langs my sy.
Lief vir jou my Mooiste Meisiemens
2 Kommentare
-
Tearlach
Dit is pragtig ja
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek