Jongste aktiwiteit:

My Hooglied

My Hooglied

Ek wil my liefde in
‘n hooglied besing,
maar met geen
breedsprakerige
hoogdrawendheid nie
want my tong is nie baie
welsprekend nie en die
woorde ontbreek soms,
daarom sing ek my loflied
in eenvoudige taal en roep
die wonderskone stilswyende
natuur as getuies om my liefde
in hul volle prag te weerspieël en
my woordryk te inspireer om
sinvolle skoonheid en krag aan
die eenvoud van my liedjie te gee
en my loflied te verhef tot
‘n hooglied!

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed