Jongste aktiwiteit:

My wens vir Kersfees

Jy vra wat ek vir kersfees soek
‘n goue halsnoer, dalk ‘n boek?

Maar al wat ek vir kersfees vra
Is dat jy my in die palms
van sagte hande dra
my toevou in jou hart se punt
en met my rieldans in die wind

my elke more hoopvol groet
al is die more grou of goed
my by te staan deur dik en dun
tot die oudword in ons lyf kom sit
jou hare yl word, myne wit
want dan alleen maak die lewe sin




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed