Jongste aktiwiteit:

‘N BRIEFIE

Ek skryf vir jou ‘n briefie in die modder
na die laat middag reën se plof kombers se kuier
voorvoer vir my penveer skryf ding se honger lus
op die bladsy van die oop veld se twee spoor grondpad
waar dit wag vir jou om oop te maak

Ek skryf vir jou ‘n briefie
en pos dit aan die hakiesdraad van die winter se rol bossies
wat pad soek na die posbus van jou hart
waar my woorde saggies op sal krul en wonder
of jou hart dit sal ontvang

Ek skryf vir jou ‘n briefie
vroeg al opgestaan
en die nag se verdwaalde letter skape raad gaan vra
voor die dag sy letter woordeboek vernuwe
en my briefie verspoelde woorde in die modder plasse word

Ek skryf vir jou ‘n briefie
met die oorloop ink van my hart
wat woorde neer pletter met verlange na jou glimlag
en die rol bossie se terugkeer
met ‘n briefie aan sy hakiesdraad van jou

Ek skryf vir jou ‘n briefie
frommel die los lê woorde van my gedagtes op
en maak dit afval op die letter ashoop
waar dit geduldig in die wiegie van die winters wind se vingers
wag om nog ‘n briefie vir jou te word




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed