
LAMPPALE
Nederig in gelid gerig
staan die stroewe bewakers in ‘n akkurate ry
die maer skraal stutte van die kollig lamppaalligte
tussen blok sypaadjies in ‘n agterstraat
Die dag sterf eensaam
terwyl die nag soos ‘n skim in neonsgewaad
druipstert delf tussen gister se rommel ashope
op soek na beloftes toegevou vir jou en my
Blok vir blok
‘n kollig val en groei
onder skraal lamppale in gelid
by die ou kafee in die kosmopoliete voorstad in my stad
Ek sien hom teen ‘n lamppaal staan
verward en eensaam in ‘n verdwaalde samelewing
blind en soekend na ‘n anker in die stormweer
met ‘n wit bloedspoor wat ‘n plas word om sy voete
Tog staan hulle nederig stil en stort hul lig
vir ‘n drenkeling
vir ‘n gek soos ek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.