Jongste aktiwiteit:

ʼn grote het gegroet – Jimmy Abbott

ʼn grote het gegroet – Jimmy Abbott

op 11 Mei 1959 gebore
in Johannesburg die grote stad
woonagtig aan westekant
in voorstad Newlands
arm gebore en getoë
‘onder die broodlyn’
kos was ʼn luukse

kaalvoet die pad na skool
kindjie-voetsole deur klippe
gelooi – seerste seer
as pouse aanbreek
skuil jy: Jimmy in die
hitte van die klas
om broodjies te steel

ses van die beste
het gevolg met sitvlak
aan die brand
maar maag wat
tevrede gevul is
die afkeur en haat
in ander se oë

swaar dae beleef tuis
met ʼn humeurige pa wat
gereeld ontplof
en vir mamma
en ons aan stukke
slaan – soms tot
in die hospitaal

met woede teen
die Skepper het jy
eens geleef tot
die dag van die
busongeluk waar
Hy jou lewe
totaal verander

van skorrie-morrie
tot Koningskind
wanneer ons
ons verlede
in die oë kyk
Weet ons ons het GOD
in ons lewens nodig

met jou kinderlike geloof
het jou lewe
verklaar:
“Ek het die goeie
stryd gestry
Ek het die
wedloop voleindig
Ek het die
geloof behou”

jy het huiswaarts gekeer
op die aand van
21 Maart 2021

rus sag aan Jesus voete
ou grote …

©Marlene Erasmus
22/03/2021




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed