Jongste aktiwiteit:

‘n Kosbare les

Bertus kon geen uitdaging weerstaan nie, hy was baie impulsief en roekeloos. So het hy gereeld rond gesoek na nuwe dinge om te doen, nooit lank sy werk gehou nie. Baie kere het hy in Joubert Park Hillbrow rondgedwaal, slaapplek en iets te ete gesoek.hy het ‘n klomp vriende daar gehad, wat ook geen werk gehad het nie wat die grootste planne uitgedink om hope geld te kan maak.

Bertus Botha het ‘n kar gehad, ‘n ou ford maar met ‘n groot gesukkel kon hy darm hom altyd aan die gang gekry het. Hy het die kar gesteel, en niemand kon ooit die gesteelde kar opgespoor het nie.

Sy probleem was sterk drank en mooi vroue, so het hy dan ook een oggend verby die mooi meisie gery. Sy het ‘n kort rokkie aangehad met die mooiste paar lang bene. Lank het hy so na haar gestaar, toe besluit hy om nader te ry,

“Mȏre, dame.” groet hy baie vriendelik.

Die meisie kyk hom verskrik aan, sy oorweeg dit om hom te vermy, en net anderkant toe te kyk.

“Toemaar ek is net ‘n doodgewone ou, wil net weet of jy nie dalk weet waar is die naaste petrolstasie nie.?

Nog steeds antwoord sy hom nie, sy loop ‘n ent verder die straat op net om weg te kom van die lastige vuil man af. Hy ry egter stadig agter haar aan, dan sien hy hoe ‘n sport motor langs haar stilhou en sy inklim. Dit tref hom meteens dat sy dalk ‘n prostituut is, haar kleredrag was baie gewaagd. Duidelik stel sy nie in sy geselskap belang nie, sy kar lyk ook maar gehawend en geroes.

Lank daarna het hy nog aan haar gedink, die prentjie bly is sy kop. Hy wens hy was ryk, dan kon hy haar nou baie bederf het, vir haar mooi juwele en blomme gekoop het. Daardie aand vertel hy sy vriende van die meisie, hulle lag hardop vir hom.

“Bertus, jy is veels te arm vir so mooi vrou, jy moet ophou droom van dinge wat buite jou bereik is. Ons is nou maar eenmaal verlore, kyk hoe lewe ons. Niemand sal na ons kyk nie, ons is vuil, verslons en het weke laas gebad.”

Die woorde tref Bertus tussen die oȅ, hy voel nou so beswaard dat hy sommer in sy kar klim en wegry. Hy ry baie vȇr tot sy kar sonder brandstof gaan staan. ‘n Vragmorot hou langs hom stil, en die bestuurder klim uit. Hy loop na Bertus se kar toe, en loer deur die ruit na hom. Bertus draai die ruit af, en groet die man.

“Goeie naand meneer, ek het sonder brandstof gaan staan. Kan jy my dalk help, ek is oppad na Pretoria.”

“Seker meneer, kom klim in ek is ook oppad soontoe.”

Hulle gesels die hele pad om, en voor Bertus hom kon kry is hy is Pretoria. Hy klim by die eerste busstop af, eintlik weet hy nie eers warheen hy oppad is nie. Hy loop ‘n hele ent, voel honger en moeg. Geen drank meer vir hom nie, hy gaan nou sy lewe regkry. ‘n Werk soek, en ‘n blyplek. Hy sien ‘n advetensie van iemand wat ‘n bouer soek, ten minste het sy oorlede pa hom geleer om te kan bou toe hy nog ‘n knd was. Sy pa was baie hardwekkend, en het altyd vir hom gesȇ om te sorg dat hy eendag ‘n sukses van sy lewe moet maak. Hy voel hy het sy pa baie teleurgesteld om so tipe lewe te leef sonder ‘n doel.

Hy voel of hy in chaos en wanorde oorgelaat is, maar diep in sy hart weet hy dit is die regte ding wat hy gedoen het.

“Nou waarheen nou?” praat hy met homself.

Hy kyk regs en links stap dan oor ‘n besige straat. Hy is so lus vir ‘n sigaret, vra ‘n man wat staan en rook of hy nie vir hom een kan gee nie. Die man sien dat Bertus hulp nodig het, sonder om te aarsel vra hy hom waarheen hy oppad is.

“Om die waarheid te sȇ meneer, ek weet self nie. Vir lank het ek in Jhb se strate rondgedwaal, in ‘n park geslaap. Ek het besef ek kan nie verder so leef nie, en nou is ek in Pretoria met die hoop dat ek dalk ‘n werk sal kry. Ek is eintlik ‘n bouer, en ‘n gekwalifiseerde elektrisiȅn. Nadat ek my werk verloor het jare terug het ek lank sonder werk gewees, die lewe het net al slegter begin lyk, en ek het myself verloor en ‘n nikswerd geword. Niks meer omgegee nie, elke dag gebedel vir kos en geld, drank was ook ‘n groot probleem.”

Die man stel homself voor, en bied Bertus slaapplek vir die aand aan. Hy het ‘n woonstel by sy huis waar Bertus oornag het. Hy het ‘n heerlike bord kos gekry en gestort ook. Die volgende dag het die man hom geld gegee vir ‘n hare sny en ook van sy ou klere vir Bertus gegee. Hy kon nie genoeg dankie sȇ vir sy hulp nie.

“Meneer, ek is bereid om enige werk te doen indien jy van iemand weet sal ek dit baie waardeer. Ek sal my beste gee, al wat ek vra is ‘n kans om weer menswaardig te voel.”

Daar kom ‘n tyd in mens se lewe, om ‘n omkeer te maak en besef dat niks goed sommer net in jou skoot sal val nie. Jou selfbeeld is laag, en jy voel niks werd nie. Menig male het Bertus amper in die tronk beland, hy moes wegkruip vir die polisie oor hy gesteel het. Hy voel ontoereikend, onbekwaam, te lig in die broek om ‘n goeie werk te kan kry.

Die hele dag het hy rondgeloop opsoek na werk, laat daardie middag stop hy by ‘n fabriek wat adverteer dat hulle bouers soek. Bang en huiwerig gaan hy in, en vra of daar vir hom werk is. Die eienaar kyk hom op en af, en nooi hom na sy kantoor toe.

“Aangenaam, ek is Johan. Vertel my so bietjie meer van jou bou agtergrond meneer. Ons benodig nog iemand, wil volgende week met ‘n konstruksie begin hier buite Pretoria.”

Bertus is so op sy senuwees, sy hart klop in sy keel. Sy laaste onderhoud was vyftien jaar gelede, en nou sit hy hier voor die groot baas van ‘n maatskappy. Hy vertel kortliks van sy ervaring, en dat hy vir jare sonder werk was. Sy verhaal het eger vir Johan laat besef, dat enige mens weer kan probeer om bo uit te kom. Hy mag nie oordeel nie, Bertus is eerlik oor sy foute wat hy gemaak het, en het berou daaroor.

“ Bertus dit lyk my jy het die werk gekry, ek gaan jou ‘n kans gee. Kom ons kyk hoe gaan dit dan sal ek jou oor drie maande vas aanstel. Ek het empatie met jou omstandighede, daar waar ‘n wil is, is altyd ‘n weg. Moet my asseblief nie in die steek laat nie, ek maak staat op jou.”

Hy bied Bertus ‘n kamer aan op die perseel, tot tyd en wyl hulle met die projek gaan begin. Daardie nag bid Bertus soos nog nooit in sy lewe nie, die kans wil hy met alles wat hy het aangryp. Die Here is goed vir hom, en stuur mense oor sy pad om hom te help.

Drie maande het verbygegaan en Bertus is permanent aangestel, nie lank daarna nie toe word hy bevorder tot ‘n voorman. Paar jaar verder, koop hy vir hom ‘n huis en ‘n nuwe kar. Hy is nou ‘n direkteur van sy eie firma, en leef in weelde. Een middag ry hy deur na Jhb en stop langs Joubert Park in Hillbrow. Die manne kon hul oȅ nie glo toe hulle hom sien nie.

“My magtig Bertus is dit regtig jy! Roep een van sy ou vriende hardop uit.

Bertus lag lekker, en gee vir elkeen ‘n handdruk. Hy vertel sy storie aan hulle. Hulle was sprakeloos, en het skaam gekry vir hoe hulle nog steeds lewe. Dit het baie moed gevat om te bereik wat hy in paar jaar se tyd vermag het. Die volgende dag het hy twee van sy park vriende gaan oplaai, hulle wil vir hom werk. Hy bied hulle’n goeie salarisse aan.

Terwyl hy ry, sien hy weer dieselfde vrou wat hy paar jaar terug gesien het. Hy stop langs haar, groet haar vriendelik.

“Goeie dag mevrou, hoe gaan dit? Jy kan my seker nie meer onthou nie, ek was die een met die geroeste kar wat lank gelede langs jou gestop het. Jy het net jou rug op my gedraai en verder geloop. Ek moet eintlik vir jou dankie sê, want op daai oomblik het ek besluit om my lewe te verander. Vandag kan ek weer my kop oplig en die sonlig geniet op my gesig. Ek hoef nie meer op my knieë te hurk en bedel vir geld nie. Hier is my kaartjie met my selfoon nommer, bel my indien jy ooit iemand nodig kry vir bouwerk.”

Sy vat die kaartjie en sit dit in haar handsak, met ‘n glimlag sê sy dankie. Bertus voel goed, ten minste het hy ‘n glimlag die keer van haar gekry. Hy dink sy is ‘n engel, sy het so mooi gesig maar tog is daar baie hartseer in haar oë.

“Magies Bertus maar jy het ‘n mooi huis.”

Sy twee vriende se monde hang oop van verbasing.

” Julle kan solank jul bagasie in die huis gaan sit, môre sal ek julle na my fabriek toe vat waar julle kan bly. Intussen gaan julle ‘n kursus doen vir sekuriteit, en wanneer julle suksesvol dit voltooi het dan kan julle wagte wees daar.”

“Dankie Bertus, jy is ‘n vriend duisend. Jy het ons gered van die strate af, die geleentheid beteken baie, en ons sal jou ewig dankbaar wees.”

Na ‘n jaar se opleiding het hulle suksesvol geslaag, skielik maak die lewe weer sin vir hulle ook. ‘n Nuwe begin om jou eie siel weer vlerke te gee.

Bertus se selfoon lui, hy antwoord ietwat skepties want hy ken nie die nommer nie. Hy loop na sy kantoor, die lawaai buite van al die gewerfskaf maak dit moeilik om te kan hoor.

“Goeie middag, dis Bertus wat praat.”

Vir ‘n rukkie is daar stilte dan praat ‘n vrou aan die anderkant, sy klink so bekend en skielik tref dit hom dis die vrou vir wie hy sy kaartjie gegee het.

“Hallo Bertus dis Anette hier,ek het besluit om jou te bel. Ek moet sê ek het jou glad nie nou die dag herken nie, jy lyk goed.”

Bertus kry so gloed oor sy wange en bedank haar vir die kompliment.

“Ja ek het myself reggeruk, kry skaam vir wie ek was maar daai tyd is verby vir altyd. Jy het my nou so verras, dankie dat jy my gebel het.”

Na ‘n lang gesprek het hulle besluit om mekaar iewers in Pretoria te ontmoet. So ook het hulle paaie vir ‘n doel gekruis, sy is soos sand-papier wat hom geskaaf tot waar hy vandag is sonder dat sy dit eers geweet het. Anette het ook al haar wanhoop van die verlede uitgevee, die strand is skoon gewas waarop hulle nou loop. Hulle gaan geniet wat hulle ontdek het, soms bring die verkeerde keuses mens tog eendag tot by die regte plek.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed