Ek het jou nie nodig nie
Alhoewel ek jou nog liefhet,
het ek jou nie meer nodig nie.
Ek het afskeid geneem
van ons
van jou
en jóú drome
waarin jy my versmoor.
Ek het die grendels gebreek
wat beendiep deur my menswees spoor;
die kettings en boeie afgeruk
wat my van vrede weerhou.
Ek het jou vaarwel geheet
en van jou verwronge liefde vergeet;
want jý het my geleer
om my hart te beheer
en my pyn in die skynsels
van my oë te kamofleer.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek