net ek en jy en die see Goud
verweerde vissershuisies
eggo jou bestaan
ek delf in ‘n gister
wat lank nie meer bestaan nie
soutwaterspeeksel
vlek die duine deinsigwit
‘n tuimeldans van korrelsand
klou aan my kaalvoetspore vas
die see spoeg slykgrasbraaksel
teen roesbruin rotse aan
en in die verte spookskim ‘n vissersboot
teen die spieëlbeeld van die maan
Amanda dm
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Maart 2024 - OOP projek