noodweer (Goud)
wanneer ek
die onvoorspelbaarheid
in jou oë probeer vertolk
sien ek meer as een seisoen
vlietend, vlugtig verbyflits
van silwer randjies
om jou donker wolke
is daar geen sprake
dit brom en bliksem en blits
dit bly maal en kolk
net wanneer ek omdraai
om skuiling te gaan vind
teen jou ysige winterswind
vang die strale van jou sonskyn
my van agter
sodat my skadu my grotesk
en verwronge vooruitgaan
en ek weet dat omdraai
om jou mooiweer te trotseer
nie vir my ‘n opsie is
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek