Jongste aktiwiteit:

Onskatbare bodem

Die knapste boer het al ontdek
hy boer eintlik met grond
Sy grootste bate is respek
met die bodem sy verbond

Want voordat hy die vrug kan bou
en voed deur implimente
moet die grond die kos en vog kan hou
deur aardse elemente

Seisoene se degenerasie
bring die geheimenis
Agente van die transformasie
is oesreste en mis

Die vesel wat die grondslag lê
is primitief gebonde
Die bakermat van doen en sê
soos moedersmelk by monde

Die krag wat lewe laat gebeur
ontwikkel in die kleine
Die skatte wat ons kultiveer
kom uit die hart se myne




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed