Onthou Jy Nog My Lief
Onthou Jy Nog My Lief
Onthou jy nog my lief,
Die aand, ons stappie in die park
Die silwer maan het deur die blare vir ons geloer
Jy het my hand styf in joune gehou
Skaterlag, huppelend paadjies af
By die gansdam spieëlglad en blink
Het die maanlig weer die water gesoen
In betowering het ons langs hom gestaan
En ons kon nie anders as om dieselfde te doen?
Onthou jy nog my lief,
Ons harte het gelê oop op pappier
Rooi lippe soene oral afgedruk, die liefde ge-illustreer
Word nou passievol in Afrikaans my Taal gelief
Onthou jy nog?
Ek het jou steed so lief….
©MarietaCalitz[LadySoul]
4 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van jou woordespel.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek