n Nuwe Dag
ʼn Nuwe dag
Ek kyk omhoog
na die hemelruim
Voëltjies sing
hul môre-refrein
Pêrels dou
en vonkelprag
Bewus van
die skoonheid
Sindelik gewas
My hart sing
Suiwer en sag
Soos die voëltjies,
hul môre-refrein
So dankbaar vir
ʼn splinternuwe dag
skilderagtig neergelê,
bedek met pêrels dou
en vonkel prag.
In betowering gelaat
Spog jy aarde, met
jou mooiheid en prag.
Skoontjies gelaat
Helder soos glas,
ʼn nuwe dag
Rein gewas
bedek met jou pêrels dou
en vonkel en prag.
©MarietaCalitz[LadySoul]
4 Kommentare
-
Ronel Janse van Vuuren
Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek