
oorbegin
ek wou op vyf-en-veertig
‘n propperse miljoenêr wees
my nagte het gekrimp tot drie
ure se slaap – deels as gevolg van
studies, en deels omdat ek nooit
in minder as vier betrekkings
besig was om te probeer
geld bymekaar maak nie
dit was my strewe
maar dit was nie
my lewe nie
op papier
was ek ‘n miljoenêr
maar in my hart was ek
steeds brandarm ongelukkig
soms deel die lewe aan jou
die verkeerde kaarte
en oorspeel jy jou
hand afgryslik
een dag was
ek ‘n miljoenêr
en die volgende dag
het ek niks op my naam
gehad nie – platgeslaan
toe herken ek my vriende
my ware vriende waarvan
ek sommige nie eers
geken het nie
die ander
het ek net gesien
toe hul oor die
bult van
respek
verdwyn
meer as een keer
was al wat ek kon voel
die voete wat oor my trap
in hul haas om nie herken
te word by my wat plat
op die grond bly lê
het nie – maar
‘n boerseun
bly nooit lê nie
dit is nie
hoe hard jy val
wat saak maak nie
maar hoe jy weer
opstaan wat
regtig tel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.