paljas (Goud)
die tromme se romm’lende fanfare
word verswelg deur die jillende skare
en die kinders gil… waar is die nar!
op sy geverfde wang
blink ‘n huiw’rende traan
ek kom!… roep die nar
hy huil alleen
‘wyl dit in sy ore dreun:
kyk hoe snaaks is die nar!
die kinders en grootmense
skater uit hul pense
is ek só snaaks?… wonder die nar
sy kaperjolle en streke
laat húl hartseer vergete
wat ‘n klug… smaal die nar
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek