Passie vir jou
(Vir my engelmens)
Vasgevang in my muse, waar ek jou in my droomwereld beleef,
Vladder vlinders aljaar rond baljaar kleur waar liefde sweef.
Verstar ek in jou voorkoms, smelt my liggaam teen jou lyf,
Wil my hartslirieke passiewoorde oor jou skryf.
Bou ek nostalgie, vir toekomstige tye
Met n warm gevoel van liefde in onbeskryflike swye,
Wyl ek my met eg aan jou verbind,
Met warm hartstog wat my bloots verslind.
Verdrink ek in jou oë, met deernis en warmte,
Waar my hart beskermd wag, in jou sagte liefwees kalmte.
Ken ek die lyne van jou lyf, elke gedeelte saamgeweef,
Bevind ek my in ons lewe, waarin ek voort wil leef.
Word twee mense een, hartstogtelik trou gesweer,
Waar ons vir baie jare meer van mekaar kan leer.
Verbind bly ek aan jou, met liggaam, siel en gees,
Waar ons nimmernooit geskei van mekaar sal wees.
Oorrompel die reuk van jou menswees my sintuie met mag,
vul my liggaam met roering wat openlik na jou smag.
Paula Paxton
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.