
Passie
Hart roep na hart
onder Afrika son
dis die eeu’ ou herhaling
van die liefde wat blom
van hande eers soekend
en lippe dan dwingend
van lywe verstrengeld
en harte wat een klop
op oer-oue ritme
teen steilte die berg op
tot die piek voor jul buig
die emosies dra verder
soos die arend se vlug
en dan duiseling stort
in die afgrond na onder
om weer mens te kom word
in die sweet en die asem
wat hortend oor lippe
nog soekend na meer
een sweetlyf wat twee word
as die nagwindjie koel
die passie kom lawe
wat die harte verspoel…..
©16/01/2011 Anton Bosch
4 Kommentare
-
-
VlooiBoynton
Wow
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Die ritmes en rym van jou werk is so gemaklik, ongedwang. Jou woordkeuses is so minimalisties en effektief. Ek hou van die metaforiese vergelyking van die hele stuk. Meesterlik