Jongste aktiwiteit:

Pietertjie Verjaar…

“Kom kom tyd om wakker te word, iemand verjaar vandag !” oom Koos probeer vir Pietertjie wakker maak, dadelik spring Pietertjie op uit die bed.
“Hallo pappa, waar is my geskenkies, hehe” giggel Pietertjie terwyl hy sy bed opmaak, hy is darem al 13 vandag, en hy maak sy eie bed op al van 10 jarige ouderdom af.
“Jy ken die reëls seuna, eers wanneer jou maaitjies hier is en die partytjie begin het” sê oom Koos terwyl hy laggend by Pietertjie se kamer deur uitstap, hulle het vir hom ‘n groot verrasing hierdie jaar aangesien hy nou al 13 is.
“Dis reg pappa ek verstaan, ek ken die reël ja!” skree Pietertjie agterna toe sy pa al in die huis se gang is.

Tien minute later toe is Pietertjie klaar met sy kamer netjies skoon te maak, was gou sy gesig en kam sy hare daarna toe stap hy af kombuis toe, waar mamma klaar vir hom ontbyt gemaak het.
“Mmm, lekker Coco-Pops dankie mamma, dankie pappa, julle weet dis my gunsteling, mmmmm, nou gaan ek lekker eet” Pietertjie duik dadelik in en begin sy pap eet, nie baie lank nie toe is sy bakkie pap klaar, nou soek hy nog ‘n bakkie, hy weet op sy verjaardag kan hy baie goed by sy ouers regkry wat hy nie op gewonde dae kan regkry nie.
“Mamma, ag kan mamma se groot seun nog ‘n bakkie pap kry, asseblief?” dit klink amper of Pietertjie bedel, maar hy vra so mooi want hy weet as hy mooi genoeg vra kry hy dit, tannie Wilma gooi nog Coco-Pops in met melk en bietjie suiker.
“Hierso seuna, laaste bakkie neh, kan nie nog kry nie jy gaan baie eet vandag met jou partytjie” waarsku tannie Wilma.
“Dankie mamma, ja nee, saam met hierdie een sal dit genoeg wees baie dankie!” beloof Pietertjie.

Die middag een uur begin die mense en kindertjies by Pietertjie hulle se huis aankom, groot mense is bevriend met tannie Wilma en oom Koos, hulle kuier maar saam en die kindertjies gaan hulself op die trampoline en speel kasteel geniet, oral aan die voorkant van hulle erf is net snacks, lekkers en die hele plek is ook versier met ballone en dies meer, oom Koos staan by die hek waar almal inkom om almal welkom te heet en hulle te verduidelik waar om te parkeer, die gesin van Jan en Gerda kom sommer aangeloop na die partytjie hulle bly net ‘n paar huise van oom Koos en tannie Wilma af, in dieselfde straat.
“Middag Jan, Gerda, gaan dit goed?” groet oom Koos vriendelik toe hulle by die hek aankom.
“Dagsê Koos, goed en met julle?” vra oom Jan met sy diep growwe stem.
“Goed dankie, eintlik baie geseënd dankie !” sê oom Koos en verduidelik verder vir oom Jan en tannie Gerda waar hulle moet gaan sit, waar die groot mense gaan kuier, teen twee uur is almal wat genooi is by die partytjie, oom Jan en oom Koos staan een kant by die braaier en gesels terwyl hulle braai, wyl die kindertjies hulself geniet op die kasteel en trampoline, vanaand gaan die kindertjies darem vinnig soet aan die slaap raak …

Teen vier uur is die kos reg, al die vleis gaar gebraai en die kindertjies lyk pootuit, hulle almal skuif nader en eet saam, nadat hulle geëet het is dit tyd vir poeding, die verjaardag koek natuurlik en die terte wat die vrouens gemaak het, want die koek alleen is net genoeg vir die kindertjies.

“ Pietertjie, Pietertjie !” roep tannie Wilma na haar seuntjie, hy is nêrens te sien nie, en soos altyd raak tannie Wilma paniekerig, want sy is baie erg oor haar seuntjie.
“Pietertjie, Pietertjie !” roep sy weer maar daar is geen antwoord nie, al die kindertjies sit tog nog saam stroopsoet by die tafel waar almal geëet het.
“Koos, Pietertjie is vermis kom ons moet hom gaan soek” tannie Wilma gryp sommer haar man aan die arm, hulle soek die hele erf vol na Pietertjie, oom Jan en sy vrou gaan soek binne die huis, soek vir Pietertjie orals maar kry hom nêrens, na ongeveer ‘n half uur se gesoekery kry tannie Gerda hom …

“Hier is hy Wilma, ek het hom gekry !” skree tannie Gerda uit die huis uit buite toe sodat oom Koos en tannie Wilma haar hoor, oom Jan staan by tannie Gerda.
“Waar’s hy, waar’s hy??” vra tannie Wilma stresvol.
“Ontspan Wilma, hy is binne die badkamer besig met ‘n nommer 2” waarsku tannie Gerda toe tannie Wilma haastig binne die huis instorm.
“Sjoe, dankie tog !” sug tannie Wilma.
“Ja jy het verniet gestres!” terg oom Koos.
“Ag gaan skyt op die ys man, jy het net so gestres!” sê tannie Wilma.
“Ek sal nie stry nie, ja ek het gestres, maar oor jy so aangegaan het!” antwoord oom Koos laggend terug, hulle kyk mekaar vuil aan en niemand sê niks verder nie, toe sê oom Jan iets.
“Moet nou nie baklei oor sulke onbenulligheid nie, die kind kan jul hoor !” waarsku oom Jan, tannie Wilma en oom Koos omhels mekaar, gee mekaar ‘n soen en maak vrede.

“Is jy reg daar binne Pietertjie?” vra tannie Wilma nuuskierig.
“Ja mamma, ek is nou klaar kry julle nou daar buite!” antwoord Pietertjie skaam terug, wag seker vir sy ma’le om weg te gaan sodat hy kan klaar maak en by die deur uitkom.
“Okay my kind sien jou nou daar buite” sê tannie Wilma weer en hulle almal gaan sit en wag daar buite, dit was nie lank nie toe is Pietertjie ook buite, besig om sy geskenkies oop te maak.
“Dankie pappa vir die remote control kar, ek soek nog altyd een” sê Pietertjie dankbaar toe hy by die 2de laast geskenkie kom.
“Plesier my seuna, jy was mooi soet hierdie jaar en verdien dit!” antwoord oom Koos opgwonde terug.
“Dankie tannie Gerda vir die mooi kleure, dis rêrig baie baie mooi” sê Pietertjie weer net voor hy by die laste geskenkie kom.
“Groot plesier my kind ek weet jy kort dit” antwoord tannie Gerda terug, en sy laste geskenk is ‘n fiets wat sy pappa hom nou moet leer ry.
“Baie dankie almal vir die geskenke dis rêrig baie dierbaar” sê Pietertjie weer dankbaar “Nou ja kom ons eet koek” sê Pietertjie kort daarna met ‘n groot glimlag op sy gesig..

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou ..
22H14nm 30/03/2016




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed