Jongste aktiwiteit:

‘n Tweede onverklaarbare moord.

“Perd van ‘n heel ander kleur”

Dis somer in BiesiesVallei, ‘n klein plattelandse dorpie. Met honderd goue harte van mense wat omgee. Juanita kom by haar voor deur uitgestap, haar man Johan, oftewel Kaptein Vosloo is reeds werk toe, Juanita is ‘n huisvrou wat bedags tuis bly om na haar ses maande oue baba te kyk. Sy versorg ook darem die groente tuin, doen huistakies ens. Johan Vosloo werk by die moord afdeling van die Suid Afrikaanse polisie diens, ‘n baie gevaarlike werk. Hulle woon so twee maande al hier in BiesiesVallei, daar was nog net een moord gewees gedurende die tyd.

Of hulle baba, met die naam Jordaan, hier gaan groot word en skool klaar maak sal egter nog besluit word deur sy ouers, Juanita en Johan. Dit was warm die Maandag middag toe Juanita oudergewoonte by haar deur uitstap om die groente tuin nat te maak toe sy iets vreemds in die veld reg oorkant hulle huis sien. Sy loop terug in die huis in en bel vir Johan van die landlyn af. “Hallo my man, hier is iets in die veld, iets vreemd, dit lyk soos ‘n man, maar ok soos ‘n perd” begin sy praat toe Johan sy selfoon antwoord. “Hoe bedoel jy my vrou? Dit kan mos nie wees nie!” beloof Johan haar. Hy begin toe dadelik weer praat:” Ek is nou klaar by die werk dan kom kyk ek, sodra ek by die huis kom.” Hulle sê toe vir mekaar totsiens en Juanita druk die foon dood.

Half ses kom Johan by die huis aan, parkeer sy kar in die motorhuis en stap tuin toe en kyk by die veld in of hy iets sien. Maar daar is niks, net veld, sand, bokke, skape en koeie. Hy los dit toe en loop by ie huis in. Juanita is besig om vir baba Jordaan te bad, Johan kom toe ook by die badkamer ingestap. “Naand vrou, ek sien niks in daai veld nie” sê Johan toe hy langs Juanita op die bad se rand gaans it. “Nee vanmiddag toe ek klaar die tuin nar gemaak het, en weer kyk, toe is die gedierte net weg, spoorloos verdwyn!” antwoord Juanita terug en tel vir baba uit die bad, droog hom af en trek hom aan.

“Ek is seker dit was maar net ‘n perd my liewe vrou” probeer Johan haar tevrede stel. “EK weet wat ek gesien het, dit het gelyk soos ‘n perd en soos ‘n man, Johan, ek het my nie verbeel nie !” sê Juanita met woede in haar stem. “Nou maar goed, ek sal gereeld gaan kyk of die gedierte weer in die veld te siene is” belowe Johan. Tewyl Juanit besig is om vir Jordaan aan te trek in die slaapkamer loop Johan uit en gaan kyk weer of hy iets in die veld sien. “My magtig, wat’s dit !” skrik hy toe hy by die voordeur uitstap en dieselfde ding sien as wat Juanita gesien het. Hy knip sy oë en toe hy weer sien is die ding weg. “Juanita!” “Juanita!” “Ek het dit gesien, ek glo jou !” Johan begin bewe en stap in die huis in end drink ‘n glas suiker water vir die skok.

‘n Uur later toe is hulle klaar geëet en gebad, hulle stap toe maar slaapkamer te en gaan kruip in, Johan is net besig om ordentlik aan die slaap te raak toe sy foon lui, dis die werk en hy moet dit antwoord. “Kaptein Vosloo, naand !” antwoord hy ewe professioneel. “Dis Generaal Louw, ons het jou dadelik nodig, ‘n vrou en haar baba was vermoor in die parkie naby julle, dis moord, kom dadelik uit!” bevel die generaal. “So ontvang!” antwoord Johan terug, staan op en trek sy uniform aan. Hy verduidelik aan Juanita wat gebeur het en dat sy die huis en als gesluit moet hou, sy moet glad nie uit kom nie, sy is bang en maak soos Johan sê. Johan klim toe in sy kar en jaag na die parkie toe met sy sirene aan tot waar die moord plaas gevind het.

Toe hy daar aankom sien hy die lyk van die vrou wat vermoor is en die van haar baba, hy word naar toe hy dit sien en loop een kant toe. Die speurders is al drie ure besig om vir goed te soek wat aan die moord gekoppel kan word. Die vrou se kop is heeltemal af en le langs haar lyk. Die baba lyk of sy dood getrap is. Generaal kom toe by die toneel aan en stap direk na Johan toe. “Naand Kaptein Vosloo” groet hy eerste en Johan groet terug “naand generaal Louw.” Hulle altwee stap vêr van die lyke en mense af wat besig is om op die toneel te werk.

Johan begin eerste praat. “Generaal ons het met ‘n reeks moordenaar te doene hier, in Vereeniging het daar ses moorde plaasgevind, eendersmet die een, ek dink ek weet wat dit is, dis ‘n perd wat lyk soos ‘n man, ek het die ding in ons veld gesien oorkant ons huis, ek dink dis dit! Daai vrou se kop is duidelik af geskop en nie af gesny of iets nie.” Die Generaal kyk vir Johan snaaks aan. “Daar bestaan nie sulke goed nie Kaptein Vosloo, moet nie met sulke snert by my kom nie, julle gaan vir my ‘n menslike verdagte kry voor die einde van die week, het jy my!” Johan aanvaar dit toe so en stap weg, klim in sy kar en ry huis toe, hy ry vinnig want sy vrou en baba se lewe kan ook in gevaar wees. “Hulle het niks oorgekom nie, asb Here, ek glo en vertrou hulle het niks oorgekom nie !” praat hy met homself terwyl hy bestuur.

Langs die pad sien hy weer die perd-mens, sommer van naby af, hy slaan net daar briek en klim by sy kar uit. Toe hy aann die buite kant van sy kar kom is ding weg, spoorloos verdwyn. “My magtig dis die tweede keer wat hy voor my oë verdwyn, al hoe en vir Louw gaan oorreed dis die ding is as ek hom in aksie vang terwyl hy die moor pleeg!” dink hy by homself, klim terug in sy kar en ry die laaste paar honderd meter huis toe so vinnig as wat hy kan.

Toe hy by die huis aan kom en by die slaapkamer instap sien hy sy vrou en baba slaap te lekker, Juanita snork nogal kliphard. “Sjoe dis ‘n verligting, ek sal hulle bietjie by my ma moet gaan laat kuier om hulle veilig te hou, Bloemfontein is ‘n baie veilige plek, ek sal môre met Juanita praat” dink hy dit alles by homself. Johan slaap lekker regdeur die nag tot die volgende oggend vyf uur toe sy selfoon weer lui, dit is weer die werk.

Hy antwoord toe die foon:”Kaptein Vosloo, goeie môre!” Daar is vir so paar sekondes stilte en toe begin Generaal Louw te praat. “Môre Kaptein, jammer om jou so vroeg uit die kooi uit te jaag, maar ek’s bevrees ons sit met nog ‘n onverklaarbare moord, die toneel is by die staat se swembad ingang, die moord het daar plaasgevind, kom so gou jy kan asbb Kaptein!” Johan besef hy sal eers met Juanita moet praat voor daar iets met haar of Jordaan gebeur, hy maak haar wakker en vertel haar alles, st stem saam en ry net na Johan na haar skoonma toe.

Johan kom toe ‘n half uur later by die toneel aan, dis weer ‘n ma en haar bab wat vermoor is, op dieseflde manier. Generaal Louw is al heel oggend daar. “Môre Kaptein Vosloo, ons moet nou hierdie wetter vang voor hy weer vermoor, asseblief.” Johan stem in en begin dadelik beplan om die moordenaar ‘n trap te stel. Hy gaan haal ‘n pop wat lyk soos ‘n regte vrou en ‘n pop wat lyk soos ‘n regte baba en gaan sit hulle voor die poskantoor neer, mooi regop asof dit lyk of hulle daar sit en rus. Die ma pop nogal met baba in die hand. Hy gaan lê vêr in die veld met sy sniper en wag vir die moordenaar om sy skuif te maak.

Hy lê daar vir omtrent drie ure en niks gebeur nie, gelukkig is dit ‘n vakansie dag en die poskantoor maak nie vandag oop nie, so daar sal niemand wees wat die poppe skuif nie. Nog ‘n half uur later sien hy die perd-mens kom by die straat af geloop, hy kry sy sniper reg en gaan lê klaar reg om die ding in die kop te skiet sodra hy aan die poppe vat. Maar die perd-mens loop eers verby en sien nie die “ma en baba” raak nie, maar gelukkig draai die ding om en stap reguit na die poppe toe, Johan lê
klaar reg agter die klip om sy dood skoot af te vier. Nes die ding die ma se kop wil skop skiet Johan hom in die kop en die perd-mens val dood neer op die grond. Hy bel vir Generaal Louw en hulle almal kom uit na die toneel. Generaal wens Johan geluk met ide vangs, en terwyl hulle besig is om te praat bel iemand vir Johan op sy selfoon. “Kaptein Vosloo” antwoord hy weer. “Dag Kaptein, dit is Sersant Du Preez van Bloemfontein, ek is bevrees ons het slegte nuus vir u, u vrou, baba en ma is nou nou net dood gevind, vermoor!” Johan sak neer van die skok en Generaal help hom om weer op ie been te kom. “Hoe dan, ek het die reeks moordenar doodgeskier, wie sou my vrou, ma en baba wil dood maak?” vra Johan kliphard en val op die grond neer deur ‘n black out!.

©TdeVosBotha 2016/01/03




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed