plegtige beloftes
oor haar duin heers daar stilte
soms nogal ongemaklike stilte
dan gaan haar gedagte terug
na lank – lank gelede
toe hul nog jonk
en sterk was
daar voor die kansel
staan hulle en glimlag
half onnosel van geluk
maak baie diep beloftes
wat meer as hul leeftyd
bygehou moet word
daarna kom die mooi
soms ook minder lekker
van die wêreld se realiteite
waar haar duin weg rafel in die wind
sweef haar siel oor al daardie beloftes
wat soms so gou weer vergaan
soms net nie verder kan bestaan
diep knaag dit dan aan haar hart
hoekom moet mens so stry
lewe is so kort en ook vry
maar beloftes bly staan
terwyl jou siel
soms vergaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.