PROJEK – TEENSTELLINGS
Hierdie maand wil ons hê u moet effe dieper delf en inskrywings doen wat TEENSTELLINGS weerspieël. Dit kan natuurlik wees donker teen lig, liefde teen haat, hartseer teen vreugde.
Gebruik nuansering om die leser van die teenstellings bewus te maak soos bv:
‘As die donker swaar en grof sleep
waar voete min en waaksaam loop –
soos tande knaag aan die swaar siel
wat die lentegeur en flikkermooi
van die lig verloor het…’
Wees mooi beskrywend en daag uself uit om die emosies van die teenstellings te verwoord.
INK weet sommer dat u hierdie uitdaging gaan omarm en almal is opgewonde om te sien watter pragwerk hieruit gaan voortspruit.
Doen Afrikaans goed, skryf jou hart in INK!
Projekbestuur.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.