Publikasiegeleenthede vir kortverhaalskrywers.
Hier volg ʼn lys van tydskrifte en publikasie geleenthede vir kortverhaal skrywers. Dit is die nuutste inligting wat Antionette Venter (een van ons INK lede) in die hande kon kry. Laat weet my asseblief indien julle van nog publikasie geleenthede bewus is, of indien van hierdie inligting foutief/verouderd is.
1. Huisgenoot
Lengte: 1600 woorde
Genre: Alle genres, maar eerder eietyds as outyds
Betaling: R1950
Stuur aan: stories@huisgenoot.com
(Gaan loer asseblief van tyd tot tyd ook op hulle webtuiste, want ek het al gevind dat vereistes, ens van tyd tot tyd aangepas word.)
2. Kuier
Lengte: 1200 – 2000 woorde
Genre: Alle genres, maar ek het al gevind dat hulle “dieper” stories verkies (Ek kan verkeerd wees, maar dis my gevoel.)
Betaling: R750
Stuur aan: Kuier@kuier.co.za (Merk asseblief die onderwerp lyn met ‘kortverhaal.’
3. Rooi Rose
Lengte: 1500 – 2000 woorde
Genre: Alle genres
Betaling: Tussen R2000 en R4000
Stuur aan: corlia@caxton.co.za
4. Vrouekeur
Lengte: 1500 woorde
Genre: Alle genres, maar vroue is gewoonlik die teikenmark
Betaling: R2000
Stuur aan: Melt Myburgh.E-pos vkfiksie@gmail.com
(Gaan lees asseblief van tyd tot tyd op hulle webtuiste, daar is baie goeie wenke oor watse tipe verhale hulle verkies, ensovoorts.)
5. Landbouweekblad
Lengte: 1000 woorde
Genre: Plattelandse, plaas stories. (Stories wat op plase afspeel, vermy asseblief plaasmoorde.)
Betaling: Ek weet nie, maar die feit dat jou storie in druk is, beteken reeds baie.
Stuur aan: LBotha@landbou.com
6. Romanzaliefde e-boek
Lengte: 2000 woorde
Genre: Romanse (Hulle sê dit hoef nie noodwendig romantiese liefde te wees nie, maar dit moet die nodige diepte hê. Sovêr was almal wat ek gelees het, wel romanties van aard)
Betaling: Tantième, hang af hoeveel verkoop.
Stuur aan: CliffordeneN@lapa.co.za
(Hulle aanvaar ook ’n novelette van 20000 woorde vir die romanzaliefde e-boek.
7. Kontak jou plaaslike koerantjie of advertensieblaaie en hoor of jy, jou stories daar kan plaas. Hulle betaal gewoonlik niks daarvoor nie, maar jy kry blootstelling.
8. HOU FACEBOOK EN DIE MEDIA DOP, DAAR WORD GEREELD NUWE SKRYFGELEENTHEDE AANGEKONDIG. VOLG DIE VOLGENDE FACEBOOK-BLAAIE, HULLE ADVERTEER GEREELD KOMPETISIES EN GELEENTHEDE:
a) SA- Vryskutskrywer
b) Skryfgeheime
c) Die skryfbesigheid
d) SA-Skrywers
e) LITNET
f) Lekkerlees boekrak
g) Al die uitgewers blaaie, soos LAPA, NB uitgewers, ens.
bied maandelikse projekte, 4 maandelikse kompetisies aan en daar is jaarlikse erkenning met gala aande bied waar lede vereer word met trofee’s en groot pryse. Die webwerf is baie bedrywig en word deur baie mense besoek dus kry jou werk baie blootstelling
Nou het ek al die geleenthede wat ek van weet met julle gedeel, wees asseblief so gaaf en laat wees ons as julle van nog weet. Ons is mos hier om mekaar te help
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.