Jongste aktiwiteit:

Redivivus*

Wolke wit
aan die bleekblou wand
van gister se dagbreek
– asof dít genesing kan bring
vir voorwaardelike liefde.

Die wreedheid van
ʼn klein dood loop jou vooruit –
jy moes jou wapen neerlê,
stérf voor jy kon leef.

Vergifnis op die ponskaart
van kentering, projekteer in jou oë
ʼn skemeroggend,
ʼn nuwe begin –
dán, en slegs dan, is jy vry.

© Ernst Fernando dos Santos
*Redivivus – Latyns vir “herleef” of “wedergeboorte”




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed