Jongste aktiwiteit:

agteros

kreunend en steunend
stap ek soos ‘n wafferse agteros
teen die duin op
elke oggend se ritueel
wag vir die son
om te skyn oor Sy prieël
water blink in deinende golwe
seemeeue sweef trots oor alles
mense ontwaak
al rekkend en strekkend
stap hul langs die see se soom
ver bo gil albatros
sy luide goeie-môre-kreet
goeie môre almal
wuif ek aan almal wat beweeg
waar elkeen
versteen in sy steeg
ek wil nie trou
wees maar net vriendelik

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed