RESENSIE: Die rolprent SULLY
RESENSIE: Die rolprent SULLY
Met 57 is Chesley Sullenberger ‘n vliegtuigloods met 42 jare en 20 000 ure vliegervaring. Hy sê „Ek het presies geweet wat ek in my lewe wou doen – en dit was vlieg. Alreeds met 5 jare. En niks het daaraan verander nie.” ‘n Raadslag van sy vliegonderwyser toe hy 15 was, „Vlieg daai masjien!” met die betekenis „Moenie tou opgooi nie!” het hy sy lewelank bybehou. Op die 15e. Januarie 2009 was dit daar agter in sy herinnering maar nie uitgeblus nie toe dit skielik waarskynlik die belangrikste eienskap in sy persoonlikheid geword het. Hy moes ‘n kraglose vliegfuig met 150 passasiers aanboord uit minder as ‘n kilometer oor die miljoenestad Nieu York veilig op die aarde terugbring nadat ‘n trop wilde voëls in altwee dryfwerke gevlieg en dit onbruikbaar gemaak het. Die eerste tonele van die film toon die nagmerrie van ‘n man wat droom dat sy vliegtuig in die hoë geboue van ‘n grootstad bots, en dat helse vure met reusagtige vlamme by sterk ontploffings ontstaan.
≈≈≈
[SULLY, 2016, Warner Bros, USA; r. Clint Eastwood, met Laura Linney, Tom Hanks, Aaron Eckhart e.a 96 min.]
≈≈≈
„Sully” Sullenberger [Tom Hanks] is vliegkaptein by United Airways en het op daardie dag beveel oor vlug 1549, ‘n Airbus, van Nieu York se tweede lughawe, La Guardia na Charlotte in Noord-Carolina. Nog lange voor hulle ‘n ordentlike vlughoë bereik het, vlieg ‘n trop wildganse voor hulle verby en sommiges beland in die sluk- of spuit voorrigting en breek heelwat van die propellorvleueltjies daarbinne af so dat die enjin nie meer lug kan aansuig nie Altwee enjins! By nege-honderd meter hoogte is nog nie genoeg krag ontwikkel om die ding te laat „vlieg” nie, sodat dit toenemend stadiger voraankom en sonder menslike verstand en beheer soos ‘n klip kan val. La Guardia se toring gee hom twee moontlikhede: Om terug te draai, of die nabygeleë vlugveld Teterboro aan te pyl. Hy besluit om ‘n „noodwatering” op die breë Hudson rivier uit te voer, iets wat luidens alle teksboeke en persoonlike ervaringe onmoontlik is. Dit slaag, en die hele episode is na die botsing met die voëlswerm in twee-honderd-en-agt sekondes verby. Sekerlik was hulle nie altesaam vyf minute in die lug nie.
(Klein denkoefeninkie daartussen: Verbeel jou. Sestig sekondes (een minuut), honderd-twintig (twee minute), honderd-tagtig (drie), honderd-neëntig, twee-honderd, twee-honderd-agt. In nie eers drie-en-’n-half minute het alles afgespeel vanaf die botsing tot hulle op die water neergesak het. Blitssnel moes besin en gehandel word. Geen tyd om in handboeke heen en weer te blaai nie. Hier. Nou. Dadelik.) Hy word as held gevier in alle media, maar ook en besonders deur die passasiere wat almal oorleef het.
Maar toe, maar toe. . . Toe kom die verrassende ondersoeking deur die owerheid vir sekerheid by vliegtuigongevalle. Hy het op sy standpunt gebly dat hy nie afgfestort het nie, maar dat dit ‘n waterlanding was. Toe word hy daarvan beskuldig dat hy nie die presiese aanwysings in die bord-handboeke of van die personeel in die betrokke lughawetorings nagevolg het nie en daardeur die passasiere onnodig in lewensgevaar gebring het. Hy het byvoorbeeld as eerste maatreël die noodaggregaat, die hulpkragsentraal aan boord aangeskakel toe dit pikdonker in die vliegtuig geword het. Dit staan as vyftiende handeling op bladsy xyz in die handboek. Sodoende kon hy egter die vrees van die paniekerige passasiere verminder en beheer oor die stuurstelsel behou – maar dis mos teen die reëls! Met die hulp van computersimulasies, die deurspeel van verskeie moontlikhede vir hierdie noodgeval is „bewys” dat dit moontlik sou gewees het om op altwee lughawens te land.
In die loop van die film word iets oor Sully self en sy gesin se agtergrond vertel, oor hul vrees dat hulle ‘n perseel buite die stad nie kan behou nie omdat dit nie verhuur kan word nie, oor die bange tyd wat ‘n vrou by die huis moet uitsit solank sy self niks kan onderneem nie [Linney], van die moedige bystand van die medeloods in die kajuit – ook ‘n ervare man [Eckhart].
Daar word daarvan uitgegaan dat die bioskoopbesoekers waarskynlik die verhaal van die man wat honderd-vyf-en-vyftigmense, passasiers en bemanning, ken, en dit gaan dus om HOE dit afgeloop het eerder as WAT gebeur het. En veral daarom hoe die ingenieure in Toulouse asook die skrywers van handboeke, prokureurs en rigters geen behul het van wat binne drie-en-’n-half minute kan gebeur nie. Die knipper Blu Murray is vir ‘n Oscar genomineer; hy het met fynste vingerspitsgevoel hierdie prent laat rol.
≈≈≈
‘n Lidmaat van ons kerk is loods (piloot) en besit ‘n eksemplaar van die film wat hy getoon het. Na die voorstelling was daar ‘n lewendige gesprek oor die (opgedwonge?) blindheid van mense wät sonder om na te dink „na die reëls” optree, oor hoe die mens as enkeling sy eie lewe, sy beskikking of noodlot sélf in die hand moet neem. moet leer neem. Andersins kon hy in hierdie wêreld van vandag ondergaan.
≈≈≈
Vyf sterre (ses is nie moontlik nie).
24e.Januarie2019…≈≈≈ ☆☆☆☆☆ ≈≈≈…………………..tje
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Saam met die bordpersonaal was daar honderd-vyf-en-vyftig mense aan boord.