RESENSIE: In ‘n beter Wêreld, die film
IN ‘N BETER WÊRELD, die film
In ‘n middelklein Duitse „Kaff”※ (one-horse-town) êrens op die plat land agter die Noordseekus se dyk is ‘n Lichtspielhaus, ‘n Kino, ja ‘n bioskoop met (hou vas, nie omval nie!) vyf (in syfers: 5) vertoonsale, in ‘n deutsche Kleinstadt, ‘n dorp met die proporsies van sê ma’ Robertson of Pietersburg of Colenso, en presies so „ver weg van die beskawing”. Hier word daagliks ses tot agt films getoon, en die sale met tussen 50 en 400 plekke is meestal nie vol nie. Dit kan by tye daartoe kom dat in die een of ander saal glad niemand sit nie. Dis ‘n harde, riskante bedryf; daar moet die eienaar hare op sy kunsbyters hê, wanneer hy ‘n duur film vir ‘n week wil uitleen. So kom die Kaffers (※kyk hierbo!) alte dikwels in die genot van die goedkoopste Hollywoodse str(piep) – een blockbuster volg die ander: Die eienaar kan dit eenvoudig nie bekostig om tien keer „voor ‘n leë huis” te speel nie. Die verhaal ken ons al. Van oral.
MAAR: Op hierdie besondere dorp het die Stadtkino ekstra betalende standbene gaan soek:
Die Volkshochschule (VHS), ‘n aandskoolinrigting, bied eenkeer die maand ‘n leerryke film „wat ons anders nie te siene gekry het nie” aan;
die Kerke bied ook soiets (kyk na my resensie van „Precious”);
die Verband van Reisagentskappe bied ‘n soort reklamefilm vir ‘n besondere toeristiekgebied, bv. Namibia, af en toe an;
en nou het ons ‘n eie Weltfilmclub wat verspreek om ons die allerbesonderste en besteste films te bring. Ons moet daarvoor dankbaar wees en is dit ook.
So ‘n lang inleiding was nie gedag nie, maar nouja.
※
Uit Denemark kom nou die aand ‘n VHS-Film „In ‘n beter wêreld” (Deens: „HÆVN”, dit klink soos Hemel (Engl. heaven) of Hawe of Ophef/Optel?). Dis ‘n film oor en met kinders, maar nie ‘n „kinderfilm” nie: Twee twaalf- of dertienjarige seuns is buitestaanders in hulle klas, Elias word geboelie totdat die nuweling, Christiaan, ingryp en met brutale geweld daar ‘n einde van maak. Die vriende besluit dat Elias se pa te sag, te swak optree, nadat hy deur ‘n ruwe kêrel aangerand is. Die kinders wil wraakneem. Christiaan se ma is onlangs aan kanker dood en hy gee sy pa skuld daaraan, onverbiddelik soos slegs kinders dit kan. Altwee ouers van Elias is mediese dokters, sy ma in die plaaslike hospitaal, sy pa in ‘n boslasaret êrens in tropies-Afrika, hulle is vervreemd van mekaar, en Elias en sy boetie ly daaronder. Die volwassenes het geen benul wat met hulle kinders aan’t gebeur is nie, nog die ouers, nog die onderwysers. En in hierdie film is daar geen gawe oom of tante om die hoek waar hulle kan gaan raadhaal of uithuil nie.
Ons praat van mense wat „wêrelde uitmekaar” is, ofskoon hulle in dieselfde vertrek sit. So kán die tuisgeblewenes niks weet van die toestande in Midde-Afrika nie, waar ‘n rebelle-leier met sy manne wed of ‘n swangere vrou ‘n seun of ‘n meisie dra, en haar dan oopsny om te kyk, wat is dit nou? En hý kan nie weet wat vir gedagtes sy vrou pla nie, hulle sien mekaar net as hy op verlof huistoe kom. Christiaan se vader verdwyn smôrens in die wêreld van die volwassenes. Die onderwysers se gevolgtrekkings is hopeloos verkeerd. En as die polisie daartoegenooi word, weet hulle ook niks beters nie.
Dis beslis nie ‘n kinderfilm nie, ook nie ‘n „mooi” film nie, maar ‘n psigogram, nee, ‘n struis psigogramme van mense wat in sekere omstandighede vasgevang is en nie van uit weet nie.
Regie deur Susanne Bier, ‘n vrou wat haar handwerk ken, wat al Oscar-nominerings gehad het, en gespeel deur mense, groot én klein, wat in ‘n ander opset tot „stars” opgehemel sou word.
Waarlik ‘n edelsteentjie midde-in die kunsjuweelglitser wat ons anders verblind.
Vyf sterre.
∆∆ΩΩΩ∆∆
12e. Januarie 2017 …◄]:o(٤oo☆☆☆☆☆oo(o;[►…………………….… .tje
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.