Jongste aktiwiteit:

RESENSIE: ‘n Volle halwe Jaar, die film

RESENSIE: ‘n Volle halwe jaar, die film

Louisa wat so bietjie as malkop aangesien word, is die enigste een in die gesin wat werk het, geld verdien en almal aan die lewe hou. Sy dra snaakse klere, sy praat komies, maak ongelenke bewegings en trek modieuse klere aan soos ‘n vensterpop in ‘n winkel in Carnaby Street, bont en smaakloos, soos haar grimering. Elk geval, sy verdien die geld en ondersteun die ander gesinslede. Eendag is sy skielik werkloos wanneer die kafeetjie waar sy gewerk het bankrot maak. Sy is bereid om enigiets te doen wat die werkburo haar aanbied: Byvoorbeeld, om ‘n jong man te pleeg wat onbeweeglik in ‘n rolstoel sit.

.

[Ein ganzes halbes Jahr / Me before You; (2016) VSA; r. Thea Sharrock; d. Emilia Clarke, Sam Clafin ea.; Draaiboek en oorspronklike roman Jojo Moyes; 110 min.; vanaf 12 j.]

.

William was voor sy ongeluk ‘n sportlike, begeerde jong man met groot uitsigte in die besigheid van sy pa, maar nou is hy vasgeketting aan sy elektriese rolstoel wat hy met een of ander spier kan bestuur, ofskoon hy andersins slegs sy kop kan beweeg. Daarby kan hy hoor en praat en klaar dink. Hy het sy ouers verspreek om nog ses maande aan die lewe te bly as hulle hom verspreek om hom daarna na Switserland te bring waar hy sterwehulp wil aanneem om sy lewe ‘n einde te maak. Sy lewe vol pyn en smart.

Lou neem die werk aan omdat sy nog nooit soveel loon gekry het nie. Maar nee, hý neem háár in teenstelling met dosyne kwalifiseerde kandidate aan omdat sy ‘n oop gemoed toon, ofskoon sy vir eers niks van die werk verstaan nie. Aanvangs praat die twee dikwels aan mekaar verby maar later verstaan hulle mekaar goed en onderneem dinge saam, veral dinge wat hy altyd wou doen of sien maar ook dinge wat sý nog nooit beleef het nie. Die stywe verhouding word al hoe sagter tussen hulle. Hy kom op besoek na haar by die huis, en ‘n paar dae later kry haar gesinslede werk van sy firma aangebied. Sy gee alles om hom weg te bring van sy wens om te sterf. Vergewens. As sy tydens ‘n vakansie op Mauritius verklaar dat sy hom liefhet, is hy geroerd maar volhard dat hy nie die res van sy lewe in ‘n rolstoel wil verbring nie, dat hy haar graag by hom gehad het, maar dat hy tog die sterwehulp na afloop van die halwe jaar gaan gebruik. Sy praat nie meer met hom nie en gee kennis sodra hulle huistoe terugkom. Dog sy begelei hom op die ou ent na sy afspraak in Switserland.

.

Reeds in die eerste minute bemerk die toeskouer dat hier iets soortgelyk met „Taamlik beste Vriende” gespeel word. Maar weereens, nee. Dis nie ‘n remake van die franse film nie, dis ‘n eie verhaal oor ‘n soortgelyke tema (Miskien is dit juis nou in „die wêreld daarbuite” ‘n veelbesproke tema, dus kom verskillende mense op die gedagte om daaroor te skryf? Oor verskillende gevalle, uit verskillende blikwinkels.)

Hierdie film het verskeie reaksies ingeoes, ondermeer die negatiewe kritiek dat dit vir die eutanasie (sterwehulp) van „lastige” gestremdes sou pledeer, dat die dood die eenvoudigste oplossing vir familie en vriende sou wees… So is teenstrydige oortuigings van die toeskouers ‘n hindernis om tot ‘n objektiewe oordeel te kom. Op die ou ent kan die enkeling slegs privaat „in sy eie stil kamertjie” probeer, nie om te oordeel nie, liewer om te waardeer.

Dis nie net ‘n denkoefening nie, maar tegelykertyd ‘n „gevoelsteistering” waaraan ‘n kritikus hom / haar moet onderwerp.

As vermaak ontoereikende twee sterre; as stof vir gesprekke bietjie meer as dit  drie tot vier sterre.

10e. Desember 2016…….  ◄]:o(٤.***.(o;[►  ………………………..©.tje




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed