RESENSIE; Mr. May en die Gefluister van die Ewigheid, die film
Mense sterf elke dag, en hulle moet begrawe word. Dit gebeur meestens met die hulp van ‘n begrafnisonderneming; die leraar van die geloofsgemeenskap van die gestorwene lei normalerwys die eredienst; familie, vriende en ander bekendes woon die eredienst by. By beroemde mense kan dit wees dat ‘n groot saal gehuur moet word as die kerk te klein is. In alle godsdienste kom die mense saam om plegtig „afskeid te neem”, om hom „op sy laaste reis te begelei”. Verskillende gelowe, verskillende gebruike en tradisies alles daarop bedag om siel en gees „die oorgang in die ander wêreld” te vergemaklik. In groter stede vind daagliks dosyne, oftewel honderde, begrafnisse plaas.
Alle paar maande lees ons egter in die dagpers van mense wat eensaam en alleen êrens in die betonwoud gesterf het: „Die bure het gekla oor die gestank uit die woning…” „Die hond het eindeloos gehuil, en ons senuwees was flenters…” Of ‘n lyk word êrens langs die treinspoor, in ‘n park, onder by die brug, of ín die rivier ontdek en na die stedelike lykhuis gebring. In ‘n grootstad soos Londen is ‘n amptenaar met die titel „Funeral Officer” wat dan die plig het om familie en bekendes te soek en in kennis te stel, sodat hulle die moontlikheid kan hê om „die laaste ere te betoon.” Alte dikwels is dit nie so maklik om die lyk te identifiseer of die familielede op te spoor nie. Byvoorbeeld van die eensame vrou wat haar self elke jaar ‘n verjaarsdagskaart stuur, onderteken deur die afdruk van haar kat se poot.
⧆
[Mr. May und das Flüstern der Ewigkeit (dt) / Still Life (eng); regie Uberto Pasolini; 2014; met Eddie Marsan, Joanne Froggatt, Karen Drury ea.; 87 min.; GB, It.]
⧆
John May (Marsan) is so ‘n Begrafnis-beampte, ‘n middeljarige man met hare wat al begin uitlig, van die soort wat oud gebore is, sê ons mos. Die ene soek awontuur, jaag na rykdom en roem… Die andere is beskeie en tevrede dat hy twee-en-twintig jare lank sy stoel in sy kantoor, nog met ‘n oumodiese skakeltelefoon, sy rustige of liewer doodvervelige beroep kan uitvoer. Maar hy is ‘n deeglike werker; hy ondersoek die woning ás daar ‘n woning is asook die klere van die gestorwene, stel vrae aan die bure, en menige male het hy geluk en tref dog ‘n paar verwandte wat dan pligbewus die beërdiging bywoon. Heel dikwels is Mr. May die enigste saam met die prediger in die kapél. Slegs een ietsie ongewoonliks laat Mr. May hom toe: Hy het ‘n versameling foto’s van die mense wat hy op hul laaste reis begelei het. En in dié album blaai hy af-en-toe graag.
Soos ‘n blits uit die bloue hemel kom die beveel van bo, uit spaarsaamheid word die afdeling gesluit. Wa-at? So skielik? Ja, maar hy mag, na soebat en smeek, natuurlik die laaste geval wat op sy lessenaar lê, tog afhandel. Hy het ‘n week se tyd om die begrafnis te reël. En wat vir ‘n moeilike geval is dit! Hy moet kruis en dwars deur Londen, maar ook na verskillende plekke in Suid-Engeland ry om hier ‘n familielid, daar ‘n ou vriend, en nog een en nog een te kry wat willig is om hierdie lastige plig op hom te neem. Hy het al lankal sy eie laaste rusplek uitgesoek en skenk dit aan die gestorwene, wie se dogter tog besluit om te kom. Met die bekendmaak met hierdie vrou skyn ‘n ander wending in Mr. May se lewe te kom. Daai seltene glimlag verskyn weer op sy gesig.
Eintlik stuur die film die hele tyd op die slottoneel af. Desto skokkender is dit wanneer dit kom, heeltemal anders wat as ons verwag het. Maar ek verklap die geheimnis nie.
⧆
Uberto Pasolini, skynbaar ‘n nuweling, is níe met Pier Paolo Pasolini, die beroemde regissieur van ‘n halwe eeu gelede, verwand nie, maar met ‘n ander groot italiaanse regissieur, Luchino Visconti. Hoe ook al, die jonger Pasolini het uit ‘n koerantonderhoud met so ‘n begrafnis-beampte wat hy gelees het ‘n verskriklike nuuskierigheid vir hierdie soort mens en sy beroep ontwikkel en het dieper nagevors. Die storie het skaars beweging — maar dit beweeg dog — en hang soos ‘n skildery aan die muur, ‘n bietjie surrealisties miskien, soos daardie trappe van Escher wat in alle rigtings lei, ook kop-onderstebo. ‘n Stillewe, ewe.
⧆
Nog ‘n taalles: Die oorspronklike engelse titel „Still Life” kan op twee maniere gelees word. Soos in die skilderkuns, dikwels ‘n struis blomme langs ‘n skottel vrugte op ‘n houttafel met dalk ‘n skildery van ouma in die agtergrond. . . Soiets. Ken ons mos. Of anders kan still as „nog” of „nog altyd” vertaal word. Hier: Nog altyd lewe hy. Nóg is hy aan die lewe. Daar’s nog lewe in hom. As ons die twee begrippe verbind, het ons die nuwe begrip van die skynbaar onbeweeglike Mr. May wat met dooi dinge (mense!) sy halwe lewe verbring, ombring. En dit met toeneiging, vlytig, deeglik.
Agter die (dooie) skildery is tog iets lewendigs. Die duitse titel is meer pragmaties, werklikheidsbetoond en sê dat ‘n mens besig is om die oneindelikheid van die lewe te betas. Altwee titels is treffend en iemand kan die een of die ander as beter beskou. Waarskynlik het die duitse vertalers die titel verander omdat dit reeds (meermaals?) aangewend is, of die Stillewe-titel kan misleidend wees. Weet ek nie.
Alle teoretiese oorwegings opsy: ‘n Goeie idee, goed uitgevoer – spelleiding, spel, kamera, alles. Ook nog ‘n sprokie.
Vier sterre.
©.29.Junie2016………………..c]:o(٤.☼☼☼☼.(o;[>……………………………………..tje
3 Kommentare
-
Anze
Baie goeie resensie Toom.. jy het my nou lekker nuuskierig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Altyd interessant om jou werk te lees Toom