roep
oor my duin
kom die geluid van die see
roepend sag en soms kliphard
van sagte deinende golwe wat breek
tot ontstuimige watervalle van skuimende
watertorings wat teen sterk wind opstaan en val
so breek die golwe in my siel ook op stil strande
en staan dit ook soms op teen die prikkels
breek dit in skuimende plotselinge valle
oor die witsand van my lewenstrand
hoe antwoord my siel daarop
op die roep van die eeue
wat sag tot dringender
eentonig maar verseker
al hoe dringender
die boodskap
aandra op
die tyd
se
wind
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.