Jongste aktiwiteit:

Saphira die Vegter

Die dag het net verkeerd begin. Faolan MacKeltar het by die kasteel opgedaag, sonder waarskuwing, met sy gevolg. Saphira het hulle amper almal vermorsel met ‘n kombinasie van haar towerkragte en fisiese sterkte.

Nou sit sy in die geselskapsaal tussen Eolande – wat met groot oë na haar Feëtjie-pa kyk – en ‘n lawwe kalant wat saam met die ander Feëtjies daar opgedaag het. Hy maak Saphira skoon kriewelrig. As dit nie vir die klein dogtertjie se hand op haar nek was nie, sou sy al lankal die vent ‘n oorkonkel gegee het. Wat na ‘n groot geveg sou lei… Aai, dit sou pret gewees het!

Saphira gaap sonder om haar mond oop te maak. Sy is so verveeld, sy gaan nog al die goeie maniere wat haar oorlede ma haar geleer het vergeet en ‘n groot kabaal opskop deur haar tande te wys met haar gegapery.

‘Wat doen ‘n Feëtjie Hond soos jy op ‘n plek soos díé? vra die donkerkop vent langsaan terwyl hy na haar kyk asof sy dynserig is.

Saphira sug. Hy’t duidelik te veel van die goue, stroperige drank gedrink wat vrylik vloei. Geen pret om met só iemand te baklei nie.

Voordat sy enigiets kan sê, val hy agteroor en is dadelik aan die slaap.

Saphira hou weer die mense en Feëtjies in die geselskapsaal dop. Eolande se ma lyk verskriklik ongemaklik met al die Feëtjies in haar huis. En amper geskok dat van haar bure opgedaag het vir die impromptu geselligheid. Saphira weet dat die mensvrou omtrent moes spartel om alles gereed te kry op géén kennisgewing nie.

Die Feëtjie Hond kyk na Eolande se pa en kan nie verhelp om vir hom te gluur nie. Hy behandel sy dogter en haar ma soos ‘n nagedagte en sonder enige denke aan hoe hulle moet voel.

Faolan MacKeltar deins terug toe hy sien hoe sy vir hom kyk. Mooi, dink Saphira met satisfaksie. Dis tyd dat hierdie Feëtjies herken dat hulle in die geselskap van ‘n Feëtjie Hond is.

‘So, jy is Saphira – suster van die koningin van die Feëtjie Honde?’ sê-vra hy met meer gemak as wat hy flussies gewys het.

<Dis reg,> sê Saphira met selfbeheersing wat baie van haar verg. Sy wil baie graag baie meer sê. Veral oor hoe sleg hy sy eie dogter behandel. Maar sy bly stil.

‘Ek hoor jy is gestraf omdat jy teen haar opgegaan het in die verkiesing – dis hoekom jy híér is.’ Hy volg sy aanmerking met ‘n treiterlag op wat sy Feëtjie gevolg en selfs die mensegaste navolg.

Saphira kners op haar tande.

‘Sy is hier omdat sy dit gekies het,’ sê Eolande se ma, haar stem sterk en vreesloos.

‘Jip. Sy’t besluit om my op te pas. Ons het op die heide ontmoet,’ babbel Eolande en vryf Saphira se nek.

Die Feëtjie Hond kyk dankbaar na die dogtertjie se ma wat vir haar opgestaan het. Die klein vingertjies wat patrone deur haar pels trek, hou haar rustig.

As dit nie vir haar nuwe familie was nie, sou sy iets gedoen het wat sy later sou berou het. Soos om ‘n leier van die Galno – die Koningin van alle Feë se uitverkorenes – onder haar pote te vergruisel. Dalk van die ander geëet het…

Vir die res van hul kuier daar, los die Feëtjies haar uit. Selfs Eolande se pa wat so vol bravade kan wees soos net ‘n Galno kan.

Nie sleg vir haar eerste byeenkoms as ‘n beskermer van ‘n Half-Feëtjie kind nie, dink Saphira selfvoldaan. As sy kon, het sy haarself op die skouer geklop.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak