
ses-en-sewentig
ses-en-sewentig
mieliekoppe aan een plant
gewortel in diep en vrugbare land
diep rooi leemgrond wat kon dreineer
alles wat die wolke aan hom kon delegeer
selfs die kewers van die tye se gekerf
kon nie die kern laat verrot nie
stewig staan die ou stronk
al is dit gestut met stok
en tak van nuwe kruk
onkruid doder of nie
droogte ten spyt
sy koppe dra
hy hoog
en pittig
vol vrug
is sy oes
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.