siende
om op my duin te sit
tyd rustig om te sweef
is belangrik soos leef
met geboë hoof te bid
jare se stryd verby
smarte en armoede
aan die agterhoede
einde verval–verlei
stywe angs-spiere
pynlike klank–liere
ewig onder broodlyn
styselkos en bokswyn
op my duin is daar
vrede en vreugde
kinders en vriende
dankbaarheid-siende
my duin is nie luuks
daar is ook nie truuks
geloof, hoop en liefde
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.