Lewenstuin
Uit die verskeidenheid
van my tuin
pluk ek vir jou ‘n roesbruin
dekgrasblom.
Wil ‘k vir jou goud wys
teen die rietgraslyf.
Graag gee ‘k jou geel gesig
madeliefies
en blou magrietjies.
Vrolik soos die son se strale
oor die aarde wals;
kalm soos die lug se blou.
Kom skep soet nektar
uit die vlam
van die heuningblom.
Skink vir jou
uit die bloedrooi kelk
van die koraalboomblom.
Kom proe die suursoet
van die seisoen
in die vlesige vrug
van die noem-noem.
In die donker groen kom
loer ‘n wit stêrblom.
© CJ Laing – 31/03/2019
foto: www.pinstret.com
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.